Local newsLocal sportNews

Fikse gesin pak Two Oceans Marathon saam aan

Die Smith gesin gaan binnekort met voorbereiding vir die Comrades Marathon begin.

Die langasem Karin Smith het onlangs haar tiende Two Oceans Marathon met ‘n glimlag voltooi. Die 66-jarige atleet het op 4 April saam met die res van die Striders klublede na Kaapstad gereis waar hulle aan die gewilde 56km ultra marathon deelgeneem het.

Wat vanjaar se wedloop vir Karin meer spesiaal gemaak het is dat sy voorreg gehad het om die 56km saam met haar tweeling, Janis (30) en Madeli (30) en skoondogter Alicia (32) te hardloop.

Hoewel almal saam aan die marathon deelgeneem het, het hulle in verskillende afdelings begin omdat elkeen se hardloop pas verskil.

Karin se tyd was 06:44, Janis het die wedloop in 5:41 voltooi, Madeli se tyd vir die 56km was 6:18 en Alicia het dit in 6:14 gehardloop.

Karin se man, David (68) en skoonseun Heinrich (34) het aan die Two Oceans Half Marathon (21km) deelgeneem.
David se tyd in die 21km was 2:48 en Heinrich het die afstand in 2:08 voltooi.


Karin het vanjaar haar tiende Two Oceans Marathon voltooi.

“Vanjaar was ek dankbaar en geseënd dat ons almal kon hardloop. Ek was die hele wedloop bewus van die groot voorreg om as gesin saam deel te neem,” sê Karin trots.

Hoewel die hele gesin regdeur die jaar draf, het hulle amptelike voorberiding vir die Two Oceans in Januarie begin. Volgens Karin was dit vir haar ‘n groot hoogtepunt om vanjaar haar geliefdes by die wedloop te hê, maar erken ook dat die laagtepunt altyd die pyn en moegwees is wat sy tydens die wedloop ervaar.

“Mens raak seer en moeg al is jy fiks maar dan moet jy net vasbyt. Die bulte was natuurlik ook moeilik maar dit was ‘n lekker gevoel om te weet dat jou geliefdes vir jou by die wenstreep wag,” sê sy.

Karin se volgende groot wedren is die Comrades Marathon wat in Junie gaan plaasvind. Dit sal haar 28ste Comrades Marathon wees en sy hoop om dit vanjaar saam met Janis, Madeli en Alicia aan te pak.


ALSO CHECK: Beloved Dr WK Du Plessis School deputy principal dies

ALSO CHECK: Meet the committee: the faces behind the Indoor Mining and Military Museum


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button